Straat van Messina

Straat van Messina

Ligging van die Straat van Messina

Koördinate:38°14′45″N 15°37′57″E / 38.24583°N 15.63250°O / 38.24583; 15.63250
Ligging:Ioniese See - Tirreense See
Soort:Seestraat
Breedte:3.1 km

Die Straat van Messina is nou seestraat tussen die oostelike punt van Sisilië, Punta del Faro, en die westelike punt Punta Pezzo in Kalabrië, Suid-Italië. Dit verbind die Tirreense See in die noorde met die Ioniese See in die suide in die middel van die Middellandse See. Op sy nouste punt, tussen Torre Faro en Villa San Giovanni, is dit 3,1 km breed. By die stad Messina is dit 5,1 km breed. Die straat se maksimum diepte is 250 m.

Daar is sterk getystrome in die straat wat tot 'n unieke marine ekostelsel bydra.[1] Die rots in die dorp Scilla, Kalabrië aan die noorde van die straat en 'n natuurlike maalkolk in die noorde van die straat hou verband met die Griekse legende van Skilla en Charibdis.[2] In sekere omstandighede kan die lugspieëling van Fata Morgana waargeneem word wanneer na Sisilië vanaf Kalabrië gekyk word. Met sy bottelnekvorm is dit ook 'n verpligte transitopunt in die migrasie van baie voëlspesies.

In 1957 was 'n 220 kV oorhoofse kraglyn oor die Straat gebou. Die kraglyn se maste was van die hoogste ter wêreld. Die kraglyn is sedertdien met 'n ondersese kragkabel vervang; die maste staan egter steeds en word as historiese monumente bewaar.

Op 10 Julie 2024 het die Estiese atleet Jaan Roose die Straat van Messina oorgesteek op 'n slaplyn wat tussen die twee Messina-maste gespan is. Hy het die vorige langste slaplynstappie van 2 710 meter oortref en 'n afstand van 3 600 meter voltooi.[3]

Verwysings

wysig
  1. Archived at Ghostarchive and the Wayback Machine: TheSanti63 (2010-08-25), Correnti nello Stretto di Messina, https://www.youtube.com/watch?v=aPyGZEGXm9Q 
  2. Andrews, Tamra (2000). Dictionary of Nature Myths: Legends of the Earth, Sea, and Sky. Oxford University Press. p. 171. ISBN 978-0-19-513677-7. Besoek op 25 Mei 2016.
  3. "Jaan Roose attempts Messina Strait - on a slackline!". Red Bull (in Engels). 10 Julie 2024. Besoek op 10 Julie 2024.