Le Bourget
Le Bourget is 'n gemeente in die noordoostelike voorstede van Parys, Frankryk. Dit is 10,6 km (6+9⁄16 myl) vanaf die sentrum van Parys geleë.[1]
Le Bourget | |
---|---|
Koördinate: 48°56′6.505″N 2°25′33.007″O / 48.93514028°N 2.42583528°O | |
Land | Frankryk |
Gewes | Île-de-France |
Département | Seine-Saint-Denis |
Arrondissement | Le Bourget |
Regering | |
• Burgemeester | Jean-Baptiste Borsali |
Webwerf | le-bourget.fr |
Die gemeente beskik oor Le Bourget-lughawe, wat op sy beurt die Musée de l'Air et de l'Espace (Lug- en Ruimtemuseum) huisves[2]. 'n Baie klein deel van Le Bourget-lughawe lê op die grondgebied van die gemeente Le Bourget, wat nietemin sy naam aan die lughawe gegee het. Die grootste deel van die lughawe lê op die grondgebied van die gemeentes Dugny, Bonneuil-en-France en Gonesse. Die Bureau d'Enquêtes et d'Analyses pour la Sécurité de l'Aviation Civile het ook sy hoofkwartier op die lughaweterrein en in Le Bourget.[3]
Verwysings
wysigEksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Le Bourget.
- (fr) Amptelike webwerf van Le Bourget