Lys van omstrede gebiede
Wikimedia lysartikel
Hierdie is 'n lys van omstrede gebiede soos onafhanklike lande en afhanklike gebiede.
Omstrede onafhanklike lande
Huidige omstrede lande
Afrika
- Arabiese Demokratiese Republiek Sahara, opgeëis deur Marokko en word deur 44 lande erken.
- Puntland, maak volgens internasionale reg deel uit van Somalië.
- Somaliland, maak volgens internasionale reg deel uit van Somalië.
Asië
- Abchasië, maak volgens internasionale reg deel uit van Georgië en word slegs deur Rusland, Nicaragua, Venezuela, Nauru, Sirië, Transnistrië en Suid-Ossetië erken.[1][2]
- Israel word slegs deur 30 lande nie erken nie en is 'n lidland van die Verenigde Nasies.
- Noord-Korea, opgeëis deur Suid-Korea en word slegs deur Suid-Korea en Japan nie erken nie.
- Staat Palestina, opgeëis deur Israel, word deur 137 lande erken en is 'n waarnemer van die Verenigde Nasies.
- Republiek van China, opgeëis deur die Volksrepubliek China en word deur 17 lande erken.
- Suid-Korea, opgeëis deur Noord-Korea en word slegs deur Noord-Korea nie erken nie.
- Suid-Ossetië, maak volgens internasionale reg deel uit van Georgië en word slegs deur Rusland, Nicaragua, Venezuela, Nauru, Sirië, die Arabiese Demokratiese Republiek Sahara, Abchasië en Transnistrië erken.[3]
- Turkse Republiek van Noord-Siprus, maak volgens internasionale reg deel uit van Siprus en word slegs deur Turkye erken.
- Volksrepubliek China, opgeëis deur die Republiek China, word deur 176 lande erken en is 'n lidland van die Verenigde Nasies.
Europa
- Kosovo, opgeëis deur Serwië en word deur 102 lande erken.
- Transnistrië, maak volgens internasionale reg deel uit van Moldowa en word slegs deur Abchasië, die Republiek Artsach en Suid-Ossetië erken.
Oseanië
- Cookeilande, is 'n selfregerende eilandstaat in vrye assosiasie met Nieu-Seeland en word deur 52 lande erken.
- Niue, is 'n selfregerende eilandstaat in vrye assosiasie met Nieu-Seeland en word deur 20 lande erken.
Historiese omstrede lande
Afrika
- Anjouan (1997–2002), maak nou weer deel uit van die Comore-eilande.
- Azawad (2012–2013), maak nou weer deel uit van Mali.
- Biafra (1967–1979), slegs deur Gaboen, Haïti, Ivoorkus, Tanzanië en Zaïre erken en maak nou weer deel uit van Suid-Nigerië.
- Bophuthatswana (1977–1994), 'n voormalige Bantoestan, wat slegs deur Suid-Afrika, Ciskei, Transkei en Venda erken is en maak nou weer deel uit van Suid-Afrika.
- Ciskei (1981–1994), 'n voormalige Bantoestan, wat slegs deur Suid-Afrika, Bophuthatswana, Transkei en Venda erken is en maak nou weer deel uit van Suid-Afrika.
- Jubaland (1998–1999), 'n voormalige omstrede gebied in Suid-Somalië.
- Katanga (1960–1963), 'n staat in die suide van die Demokratiese Republiek die Kongo.
- Maakhir (2007–2009), maak nou weer deel uit van Somalië.
- Mohéli (1997–1998), maak nou weer deel uit van die Comore-eilande.
- Rif-Republiek (1921–1926), maak nou weer deel uit van Marokko.
- Republiek van Benin (1967), maak nou weer deel uit van die Suid-Nigerië.
- Rhodesië (1965–1979), slegs deur Suid-Afrika erken en dit is die huidige Zimbabwe.
- Suid-Kasai (1960–1961), maak nou weer deel uit van die Demokratiese Republiek die Kongo.
- Suidwes-Somalië (2002–2006), 'n voormalige omstrede gebied in Suid-Somalië.
- Transkei (1976–1994), 'n voormalige Bantoestan, wat slegs deur Suid-Afrika, Bophuthatswana, Ciskei en Venda erken is en maak nou weer deel uit van Suid-Afrika.
- Venda (1979–1994), 'n voormalige Bantoestan, wat slegs deur Suid-Afrika, Bophuthatswana, Ciskei en Transkei erken is en maak nou weer deel uit van Suid-Afrika.
Asië
- Adzjarië (1991–2005), maak nou weer deel uit van Suid-Georgië.
- Islamiese Emiraat Afghanistan (1996–2001), slegs deur Saoedi-Arabië, Pakistan en die Verenigde Arabiese Emirate erken en dit is die huidige Republiek Afghanistan.
- Kachin-Staat (1962–1994), maak nou weer deel uit van Noord-Mianmar.
- Nachitsjewan (1990), maak nou weer deel uit van Suid-Azerbeidjan.
- Outonome Republiek Talysh-Mugan, maak nou weer deel uit van Suid-Azerbeidjan.
- Republiek Artsach, maak nou weer deel uit van Azerbeidjan.
- Republiek Mahabad (1946–1947), maak nou weer deel uit van Noordwes-Iran.
- Tiwa (1991–1992), maak nou weer deel uit van Suid-Rusland.
- Tsjetsjniese Republiek Itsjkerië (1996–1999), slegs deur Georgië erken en maak nou weer deel uit van die Suidwes-Rusland.
- Volksrepubliek Kambodja (1979–1989), die huidige Koninkryk Kambodja.
Europa
- Gagausië (1990–1994), maak nou weer deel uit van Suid-Moldowa.
- Republiek Herceg-Bosna (1993–1994), maak nou weer deel uit van Bosnië en Herzegowina.
- Republiek Serbiese Krajina (1991–1995), maak nou weer deel uit van Kroasië.
- Republiek Srpska (1992–1995), maak nou weer deel uit van Bosnië en Herzegowina.
- Republiek Wes-Bosnië (1993–1995), maak nou weer deel uit van Bosnië en Herzegowina.
- Volksrepubliek Donetsk, maak volgens internasionale reg deel uit van Oekraïne, maar dit is in 2022 deur Rusland geannekseer.
- Volksrepubliek Loehansk, maak volgens internasionale reg deel uit van Oekraïne, maar dit is in 2022 deur Rusland geannekseer.
Oseanië
- Bougainville (1990–1997), maak nou weer deel uit van Papoea-Nieu-Guinee.
Omstrede afhanklike gebiede
- Ashmore- en Cartiereilande, 'n Australiese eksterne gebied wat opgeëis word deur Indonesië.
- Asore, 'n Portugese besitting in die Atlantiese Oseaan wat opgeëis word deur Marokko.
- Britse Indiese Oseaangebied, 'n Britse oorsese gebied wat opgeëis word deur Mauritius en die Seychelle.
- Ceuta, 'n Spaanse besitting in Noord-Afrika wat opgeëis word deur Marokko.
- Falkland-eilande, 'n Britse oorsese gebied in die suidelike Atlantiese Oseaan wat opgeëis word deur Argentinië.
- Kanariese Eilande, 'n Spaanse besitting in Noord-Afrika wat opgeëis word deur Marokko.
- Gibraltar, 'n Britse oorsese gebied wat opgeëis word deur Spanje.
- Koerile, 'n Russiese eilandgroep in die noordwestelike Stille Oseaan wat opgeëis word deur Japan.
- Madeiraeilande, 'n Portugese besitting in Noord-Afrika wat opgeëis word deur Marokko.
- Mayotte, 'n Franse oorsese gebied wat opgeëis word deur die Comore-eilande.
- Melilla, 'n Spaanse besitting in Noord-Afrika wat opgeëis word deur Marokko.
- Navassa, 'n klein afgelê eiland van die Verenigde State van Amerika wat opgeëis word deur Haïti.
- Réunion, 'n Franse oorsese gebied wat opgeëis word deur Mauritius.
- Rotse van Liancourt, 'n groep betwiste en onbewoonde eilandjies in die See van Japan, wat tussen Japan en Suid-Korea omstrede is.
- Senkaku-eilande, 'n groep van onbewoonde eilande in die Oos-Chinese See, wat opgeëis word deur Japan, China en Taiwan.
- Suid-Georgië en die Suidelike Sandwicheilande, 'n Britse oorsese gebied in die suidelike Atlantiese Oseaan wat opgeëis word deur Argentinië.
- Suidelike Orkneyeilande, 'n Britse oorsese gebied in die suidelike Atlantiese Oseaan wat opgeëis word deur Argentinië.
- Suidelike Shetlandeilande, 'n Britse oorsese gebied in die suidelike Atlantiese Oseaan wat opgeëis word deur Argentinië.
- Verspreide Eilande in die Indiese Oseaan, 'n Franse oorsese gebied wat gedeeltelik opgeëis word deur die Comore-eilande, Madagaskar, Mauritius en die Seychelle.
- Wake-eiland, 'n klein afgelê eiland van die Verenigde State van Amerika wat opgeëis word deur die Marshalleilande.
Sien ook
Verwysings
- ↑ (en) "Luhansk Recognizes Abkhazia". Civil Georgia. 10 Maart 2022. Besoek op 10 Maart 2022.
- ↑ (ru) "Заявление главы ЛНР Леонида Пасечника". Lugansk Information Center. 10 Maart 2022. Besoek op 10 Maart 2022.
- ↑ (en) "Luhansk People's Republic Recognizes South Ossetia". The Moscow Times. 28 Januarie 2015. Besoek op 13 Maart 2022.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lys van omstrede gebiede.