Hebe (Grieks: Ἥβη) was in die Griekse mitologie die godin van jeugdigheid. Sy was die dogter van Zeus en Hera en die skinker vir die gode en godinne van die berg Olimpus. Nadat sy met Herakles getrou het, is haar plek ingeneem deur Ganimedes van Troje.

Hebe
Griekse godin

Naam Hebe
Godin van ewige jeug
Blyplek Die berg Olimpus
Simbool Beker, blaarslaai, klimop, Fontein van Jeug
Man Herakles
Ouers Zeus en Hera
Broers, susters Eileitia, Eris, Ares, Atena, Apollo, Artemis, Afrodite, Dionisos, Hermes, Herakles, Helena van Troje, Hefaistos, Perseus, Minos, die Muses, die Grasieë
Kinders Alexiares en Aniketus
Romeinse eweknie Juventas

Haar eweknie in die Romeinse mitologie was Juventas.

Verwysings

wysig
Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Hebe (mythology)

Eksterne skakels

wysig