Gevorderde Versleutelingstandaard
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die Gevorderde Versleutelingstandaard ("Advanced Encryption Standard" of AES), oorspronklik genoem Rijndael,[1] is 'n spesifikasie vir die versleuteling van elektroniese data. Dit is deur die Amerikaanse Nasionale Instituut van Standaarde en Tegnologie (NIST) in 2001 voorgelê.[2]
Dit is saamgestel uit 'n deel van die Rijndael-bloksyfer[3] wat ontwikkel is deur twee Belgiese kriptograwe, Vincent Rijmen en Joan Daemen. Hulle het dit tydens NIST se seleksieproses vir die standaard voorgestel.[4] Rijndael is 'n familie van bloksyfers met verskillende sleutel- en blokgroottes.
Vir AES het NIST drie Rijndael-bloksyfers gekies, elk bestaande uit 128 bisse, maar met verskillende sleutelgroottes: 128, 192 en 256 bisse.
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ "Rijndael" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2019. Besoek op 9 Maart 2015.
- ↑ Announcing the ADVANCED ENCRYPTION STANDARD (AES). United States National Institute of Standards and Technology (NIST) (November 26, 2001). URL besoek op October 2, 2012.
- ↑ Daemen, Joan; Rijmen, Vincent (9 Maart 2003). "AES Proposal: Rijndael" (PDF). National Institute of Standards and Technology. p. 1. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2013. Besoek op 21 Februarie 2013.
- ↑ Joan Daemen and Vincent Rijmen (September 3, 1999). AES Proposal: Rijndael.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gevorderde Versleutelingstandaard.