Ortodokse Kerk van Albanië
Die Ortodokse Kerk van Albanië (Albanees: Kisha Ortodokse Autoqefale e Shqipërisë) is een van die jongste Oosters-Ortodokse Kerke. Dit is in volle gemeenskap met die ander Oosters-Ortodokse kerke. Die primaat van die kerk het die titel Aartsbiskop van Tirana en die Hele Albanië. Die Kerk het hom in 1922 outokefaal verklaar en dit is in 1937 deur die Ekumeniese Patriargaat van Konstantinopel erken.
Ortodokse Kerk van Albanië | ||
Die Teotokoskerk in Labovë e Kryqit, Albanië | ||
Stigtingsjaar | 1907 | |
Stigter | Fan Noli | |
Status | Outokefaal | |
Kerkleiding | ||
Hoof | Anastasios Yanulatos | |
Hoof se titel | Aartsbiskop van Tirana en die Hele Albanië | |
Setel | Tirana, Albanië | |
Besonderhede | ||
Liturgie | Bisantyns | |
Liturgiese taal | Albanees | |
Kalender | Hersiene Juliaanse kalender | |
Gelowiges | 700 000 | |
Bisdomme | 6 | |
Webtuiste | ||
http://www.orthodoxalbania.org |
Die Kerk het swaar gekry tydens die Tweede Wêreldoorlog en in die Kommunistiese tydperk daarna, veral ná 1967 toe Albanië ’n ateïstiese staat geword het en geen godsdiensbeoefening toegelaat is nie. Sedert godsdiensvryheid in 1991 herstel is, het die Kerk egter ’n oplewing beleef, met meer as 250 kerke wat herbou of gerestoureer is.
Eksterne skakels
wysig- Amptelike webtuiste
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ortodokse Kerk van Albanië.